Die gewilde Granny Flat kon nie vir ‘n beter naam gevra het nie, want dit is klein en uniek in sy eie karakter wat steeds koppe laat draai.
Die Seemeeu is luuks met ‘n keuse van 2 unieke uitlegte om van te kies. Omdat dit klein en kompak is beteken dit nie dat dit hoef terug te staan nie.
Die slaapkamer is ruim met instap klerekaste in byde ontwerpe.
Die kombuise in altwee planne is klein, maar kompak en prakties met ingeboude kaste wat genoeg pak plek verskaf.
Die oopplan leef area is ruim met 2 skuifdeure wat uit loop op die onderdak stoep aan die voorkante van die huise.