Die Perlemoen is by vêre die mees gerieflikste en luukste 4 slaapkamer houthuis beskikbaar op die mark.
Alhoewel die Perlemoen aansienlik kleiner is as die Oester staan dit verseker nie terug as dit kom by gerief nie. Twee slaapkamer het steeds en-suite badkamers met instap klerekaste. Die ander twee kamers het ingeboude kaste.
Die kombuis is kompak maar steeds prakties met ingeboude kaste wat genoeg pak plek verskaf en ‘n eiland eenheid.
Die oopplan leef area is ruim met 2 skuifdeure wat uit loop op die onderdak stoep aan die voorkant van die huis.