Die Oester is die juweel as dit kom by luuksheid en gerief. Dit Oester se praktiese uitleg gee aan die huis ‘n unieke karakter wat dit laat uitstaan bo almal.
Dit beskik oor 4 slaapkamers waarvan 2 oor hul eie en-suite badkamers beskik. Daar is 2 slaapkamers in die soldervertrek met ‘n gesamentlike badkamer. Alle kamers het ingeboude kaste in terwyl die hoofslaapkamer ‘n instap klerekas het.
Die kombuise is ruim met ingeboude kaste wat genoeg pak plek verskaf. Daar is ‘n waskamer van uit die kombuis.
Die ruim oopplan leef area is gerieflik en dit loop uit op die dek wat grens aan die onderdak stoep aan die voorkant van die huis. Daar is ‘n klein onderdak stoep by die agter deur van die kombuis.