Die King Fisher is die meer luukse Chalet met meer spasie. Die King Fisher is meer gerig op vakansie-oorde, gasteplase en natuurreservate.
Die King Fisher en Strandloper is op vloervlak dieselfde grootte, dit is slegs die slaapkamer wat verskuif is na die soldervertrek toe. Dit gee aan die King Fisher meer leef area spasie om lekker gesellig te kan verkeer.
Die kombuis is steeds ruim met ingeboude kaste en met die oopplan leef area is dit baie gesellig.
Die badkamer is gerieflik met ‘n stort om spasie maksimaal te benut. Met hierdie Chalet in jou oord gaan jy verseker baie gewild wees en gaste gaan verseker weer en weer terugkom.