Hierdie gerieflike en luukse groot 4 slaapkamer houthuise is ideal vir ’n groot gesin wat gerieflik en sorgeloos wil woon. Dit is ook ideal as ’n oornag akkommodasie eenheid vir jagters en toeriste groepe van 4-6 mense op ’n wilds- of gasteplaas. Daar is twee gerieflike opsies om van te kies wat wissel van 228m² tot die Oester se asemrowende en onweerstaanbare 288m².
Met die gerief van die Oester se twee en-suite badkamers en ’n baie ruim gerieflike oopplankombuis met waskamer en leef area sal dit baie moeilik wees om nie in hierdie houthuis te wil woon nie. Die twee kamers in die soldervertrek is natuurlik vir kinders onweerstaanbaar en met hulle eie vol badkamer, wie kan dan kla.
Gerief is aan die orde van die dag en ons het aan feitlik alles probeer dink met die ontwerp van die Oester. Dit is dan ook hoekom ons ’n leier in die houthuis konstruksie bedryf is hoekom ons die nommer een keuse by kliënte is.